Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Klikbek

ebook
1 of 1 copy available
1 of 1 copy available
Bloemfonteinse speurder Sollie Mtembu lê snags wakker. Sy vrou se ambisies is lankal besig om vinniger as sy salaris te groei. En by Parkwegstasie sien niemand hom raak nie. In Oktober word Tillman Wagenaar, welgestelde boer en 'n ou vriend van die polisiekommisaris, in 'n lokval gelei. Twee dae later word hy deur sy familie as vermis aangemeld en Sollie word gestuur om die "verdwyning" verder te ondersoek. Maar kort ná hy op Rhynveld arriveer, is daar 'n noodlottige aanval op Onverwacht, die Wagenaars se familieplaas. En die oënskynlike ontvoering verander in 'n moorddossier. Met die hulp van Carla Kruger, joernalis van Oggendpos, begin hy die die dorp se tonge loskry. Maar kan hy betyds sy vrese oorwin, die geheime van die verlede ontrafel en die gewetenlose moordenaar in sy spore stuit? Klikbek, Sidney Gilroy se debuutspanningsroman, ontgin die verstrengelde geskiedenis van drie Vrystaat-families se vetes oor geld, bloed en erfgrond. En die letsels waarmee dit die nageslag laat.

Formats

  • OverDrive Read
  • EPUB ebook

subjects

Languages

  • Afrikaans

Loading