Bets is 'n kunshandelaar in Kaapstad. Haar besoek aan die plaas waar sy grootgeword het, met die gesprekke en interaksies wat volg met ou bekendes en familie, laat haar besin oor haar emosionele en praktiese omgewing waarin sy haarself bevind.
Sy word geforseer om ontstellende gebeure te konfronteer, maar ook aangemoedig om haar hart oop te maak vir ou liefde wat 'n nuwe plek in haar verwarde hart probeer vind.