Niemand het weerstand teen die liefde wanneer Kersfeesklokke lui nie ...
Tessa Steyn is mal oor Kersfees. Soos in gaan-voluit mal: die musiek, die boom, die engeltjies, die kerse, die ligte, die klokkies, álles. Na 'n kort kuier in Johannesburg, vlieg sy George toe, die naaste lughawe aan Buffelsbaai waar haar mense elke jaar Kersfees hou. Aan die grompot langs haar in die vliegtuig, gaan sy haar nie steur nie. Gelukkig gaan sy hom nooit weer sien nie.
Veearts Sias Reynecke haat Kersfees. Hy is net op die vliegtuig omdat sy suster 'n huis vir hulle twee vir Kersfees op Buffelsbaai gehuur het. Dis nou as hy daar aankom sonder om iets aan die irriterende beeldskoon vroumens wat langs hom in die vliegtuig beland het, te doen. Hopelik sien hy haar nooit weer nie.
Maar soos Tessa se ouma, Liesbet, verduidelik: Sommige dinge is reeds lank terug in die sterre geskryf en niemand het weerstand teen die liefde wanneer Kersfeesklokke lui nie.
- Available now
- New eBook additions
- New teen additions
- New kids additions
- Most popular
- Try something different
- Feel-Good Reads
- No Waiting! No Holds!
- New Non-Fiction
- Love is in the Air: Romance Reads for Adults
- New Nonfiction
- See all ebooks collections
- Available now
- New audiobook additions
- New teen additions
- New kids additions
- Most popular
- Try something different
- No Waiting! No Holds!
- Feel-Good Reads
- See all audiobooks collections
- Popular Australian Magazines
- Celebrity
- Crafts
- Entertainment
- Home & Garden
- Sports
- All Magazines
- See all magazines collections