Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Dinge Wat Ek Nie van Skape Geweet Het Nie

ebook
1 of 1 copy available
1 of 1 copy available
Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik 'n skaap by 'n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie ... Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie. In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op 'n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat 'n fotoboek oor windpompe wil publiseer. Dit is sy straf omdat hy en sy vriende een aand iets aangevang het wat hulle in groot moeilikheid laat beland het. Op pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana, wie se pa al die pad van Bloemfontein na Kaapstad met sy fiets ry om geld vir kankernavorsing in te samel. Lana wat nie vleis eet nie, mal is oor boeke en hom (sonder dat sy dit weet) oortuig om 'n skaap te steel. Luan leer ken vir die eerste keer werklik sy ouma – die hardekwas-predikantsvrou wat al die jare 'n geheim saam met haar ronddra. En die belangrikste van als: Hy leer homself ken. Kort voor lank verander 'n vervelige rit deur die Karoo in 'n onvergeetlike reis ...
  • Creators

  • Publisher

  • Release date

  • Formats

  • Languages

Formats

  • OverDrive Read
  • EPUB ebook

Languages

  • Afrikaans

Loading